Elke kers word met liefde, gebed en aandag in ons ateljee in Suid-Afrika handgemaak.
Ons glo ‘n kers is meer as net was en ‘n lont. Dis ‘n gebed wat brand. Dis genade wat glans in die donker.
Elke Genade Glans kers word met liefde, gebed en aandag in ons ateljee in Suid-Afrika handgemaak. Geen massaproduksie nie – elke bakkie word handgegiet, elke kers met die hand gemaak. Geen twee is identies nie.
Genade Glans is gebore vanuit ‘n roeping – om lig te bring waar daar donker is, en die liefde van God in elke detail te laat skyn.
Elke produk in ons reeks word met sorg en geloof gemaak, met die doel om nie net ruimtes te vul met geur en lig nie, maar harte te herinner aan die waarheid van Sy genade.
“Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”
Matteus 5:16
LIG • GENADE • HOOP
Natuurlik, vegan, en brand tot 45% langer en skoner.
Geen paraffien, geen ftalate, geen dieretoetse.
Elke kers met die hand gegiet - geen twee is identies nie.
Word 'n juwele- of gebedsbakkie wanneer die kers klaar gebrand het.
Ons luuksheid geur
Tydloos, elegant, sag – ‘n herinnering dat daar altyd lig is.
Ons aardse, gegrondheid geur
Warm, houtagtig, kalmerend – die geur van stabiliteit.
Ons diep, heilige geur
Ryk en geestelik – die geur van gebede wat opstyg.
© 2026 Genade Glans – Lig • Genade • Geloof. Alle regte voorbehou.
Website by Studio Victor